Boodskap van die Besturende Direkteur van Lefra Produksies

Lefra se eerste Nasionale Revue-kompetisie is in 2016 aangebied en van toe af het ons Revue-kompetisie net van krag tot krag gegaan. Al hoe meer skole het ingeskryf en die deelnemers het die kompetisie baie geniet, want hier skuur ons skouer met professionele mense in die vermaaklikheidsbedryf. Toe trek Covid-19 vir ons ‘n lelike streep! Maar nou is ons terug in al die “glamour en glitz” waarmee revues geassioseer word.

Die mees opwindendste nuus, is dat ons die Lefra Revue-kompetisie op VIA gaan uitsaai vanaf Oktober 2024. Dit is wonderlike bemarking vir u Revue, maar veral ook vir u skool.

Skole spandeer elke jaar baie groot begrotings aan hul revues, want dit is gewoonlik die groot bemarkingsprojek vir die skool. Daar word vir maande repeteer, geskaaf, kostuums word gemaak, sang opgeneem en choreografie gedoen. Met groot opwinding word die revue vir ‘n week of wat opgevoer. Na al hierdie energie en harde werk, is die revue na ‘n week verby. Almal betrokke, se harte is dan seer, want soos met enige verhoogproduksie, word ons mos familie. Dit is glad nie lekker as “familie” uit mekaar moet gaan nie.

Juis daarom het ons hier by Lefra Produksies besluit om ‘n verdere lewe aan skole se revues te gee met REVUE 2024. Ons sien baie daarna uit om u inskrywing(s) te ontvang.

Frans Swart

Besturende Direkteur van Lefra Produksies